SA Stamboek Nuus

Nuus

1. Stamboek nuus

Logix Nuusblad Desember 2018
1.1. Logix Nuusblad - Desember 2018Nuut
Deur: SA Stamboek

SA Stamboek gee erkenning aan veetelers wat eienskappe van ekonomiese belang nougeset aanteken en die inligting daaruit reg aanwend. Produsente wat van Stamboek se dienste en produkte gebruik maak gebruik hierdie ELITE toekennings om hulself te skaal teen hulle mede-telers. Lees meer...
Logix Nuusblad Augustus 2018
1.2. Logix Nuusblad - Augustus 2018Nuut
Deur: SA Stamboek

Middeleeuse skaapwagters in Lincolnshire het na oorlewering die meegaande rympie gebruik om hul skape te tel. Aan die einde van die rympie het die skaapwagter ‘n klippie in sy sak gesit of iewers ‘n merk gemaak en dan weer voor begin. As hy byvoorbeeld 80 skape het, sal hy net 4 klippies of merke hê, wat dit makliker maak om te weet hoeveel skape hy het. Die stelsel is baie doeltreffend, aangesien 4 klein klippies 80 skape verteenwoordig (Alex Bellos in ‘Alex’s Adventures in Numberland’). Lees meer...
Mediavrystelling - EXCO Verkiesing
1.3. Mediavrystelling - EXCO Verkiesing
Deur: SA Stamboek

Twee nuwe Uitvoerende Komiteelede (EXCO) is nuut verkies tydens Stamboek se Algemene Jaarvergadering wat op 1 November 2018 in Bloemfontein plaasgevind het. Lees meer...
Voerinname Metings van Vleisbeeste
1.4. Mediavrystelling - Voerinname Metings van Vleisbeeste
Deur: SA Stamboek

Geskiedenis is gemaak toe belanghebbendes wat gemoeid is met die akkurate meting en sinvolle aanwending van voerinname by vleisbeeste saamgekom het op 7 Augustus 2018. Die Sernick groep was die gasheer op die plaas Liebenbergstroom, Edenville.  Lees meer...
Logix Elite Nuusbrief
1.5. Logix Elite Nuusbrief - April 2018
Deur: SA Stamboek

Baie welkom by die heel eerste Logix Nuus, die ELITE nuusbron vir Stamboek deelnemers en vriende. Die nuusbrief spreek ’n behoefte aan om telers en veeprodusente op hoogte te hou van gebeure wat hulle raak, om kennis uit te brei en deel te wees van die nuutste op die front van doeltreffende produksie. Lees meer...
Logix Genetiese Ontleding vir die Merino Ras
1.6. Mediavrystelling: Logix Genetiese Ontleding vir die Merino Ras
Deur: SA Stamboek

SA Stamboek en Merino SA stel nuwe genetiese waardes vry vir Merinotelers. Die heel nuutste wetenskaplike ontwikkelings en tegnologie, van toepassing op moderne skaapteling, is ’n nuwe Genetiese Evaluasie vir die Merino ras deur SA Stamboek ontwikkel. Met die goedkeuring van die Merino SA Tegniese Komitee word dit vanaf April 2018 deur SA Stamboek op ’n roetine-basis geïmplementeer en aan Merino telers beskikbaar gestel. Lees meer...
SA Stamboek teken belangrike ooreenkomste
1.7. Mediavrystelling: SA Stamboek teken belangrike ooreenkomste
Deur: SA Stamboek

SA Stamboek teken belangrike ooreenkomste vir die uitbreiding van dienste gebaseer op Genomiese Inligting. Twee belangrike ooreenkomste is onlangs deur SA Stamboek onderteken om te verseker dat genomiese inligting optimaal deur Suid-Afrikaanse veetelers gebruik kan word.  Lees meer...
What is Gene Editing?
1.8. What is Gene Editing?
Deur: Dr. van Eenennaam

Dr. Alison Van Eenennaam of the University of California, Davis, describes the basics of gene editing.  Lees meer...
Exco Uitvoerende Komitee Verkies
1.9. Mediavrystelling: Exco Uitvoerende Komitee Verkies
Deur: SA Stamboek

SA Stamboek en Diereverbeteringvereniging se nuwe Uitvoerende komitee (Exco) verkies tydens die Algemene Jaarvergadering op 2 November 2017 Lees meer...
Bonsmara kudde genomies getoets
1.10. Mediavrystelling: Eerste Bonsmara kudde ten volle genomies getoets
Deur: SA Stamboek

Kort op die hakke van die vrystelling van die eerste Genomiese Teelwaardes vir Vleisbeeste vir Bonsmaras, laat toets die eerste Bonsmara-kudde elke dier in die kudde. Boeram Venter, eienaar van Disco Bonsmara stoet naby Kirkwood, het besluit om in die voordele wat genomika bied ten volle te benut. Lees meer...
Uitbreiding van die genetiese meriete
1.11. Uitbreiding van die genetiese meriete vir groeidoeltreffendheid van vleisbeeste.
Deur: SA Stamboek

Uitbreiding van die genetiese meriete vir groeidoeltreffendheid van vleisbeeste. RFI, RG en RFU nou in die arsenaal by Stamboek. As deel van die volgehoue navorsing en ontwikkeling deur Stamboek het stoettelers en kopers van stoet vleisbeeste nou ’n groter seleksie-keuse op grond van teelwaardes. Lees meer...
Genomiese Teelwaardes vir Beefmaster
1.12. Mediavrystelling: Genomiese Teelwaardes vir Beefmaster Beeste
Deur: SA Stamboek

Die Suid-Afrikaanse Beefmaster-telers sal op gelyke voet met Beefmaster-telers van die VSA wees wanneer Stamboek die einde van Augustus 2017 die eerste Genomiese teelwaardes vir die ras vrystel. Lees meer...
Genomiese Teelwaardes vir Bonsmara
1.13. Mediavrystelling: Genomiese Teelwaardes vir Bonsmara
Deur: SA Stamboek

Die vrystelling van die heel eerste Genomiese BLUP teelwaardes vir vleisbeeste in Afrika laat Bonsmaratelers en hulle kliënte wêreldwyd deel in die voordele van die nuutste telingstegnologie vir plaasvee. Lees meer...
2016 Kleinvee Stoetkudde van die Jaar
1.14. De Heus oorhandig pryse aan Vleissentraal / SA Stamboek Elite 2016 Kleinvee Stoetkudde van die Jaar
Deur: Dr Pierre van Rooyen

De Heus oorhandig produkprys aan Vleissentraal / SA Stamboek Elite 2016 Kleinvee Stoetkudde van die Jaar Lees meer...
SA Stamboek stel revolusionêre onafhanklike paringsprogram bekend
1.15. SA Stamboek stel revolusionêre onafhanklike paringsprogram bekend
Deur: Dr Pierre van Rooyen

SADairyBulls.com is reeds ’n gevestigde hulpmiddel vir telers van suiweldiere, KI maatskappye en ander bedryfsrolspelers om internasionale bulle se genetiese meriete te verkry op die Suid-Afrikaanse skaal. Lees meer...
SA Stamboek Elite 2016 toekennings vereer top prestasie
1.16. SA Stamboek Elite 2016 toekennings vereer top prestasie
Deur: Dr Pierre van Rooyen

Die Standard Bank SA Stamboek Elite 2016 Prysuitdelingsdinee het op 3 Mei 2016 by Leopards en Lace in Bloemfontein plaasgevind. Tydens die geleentheid is top presteerders binne die veebedryf met verskeie toekennings vereer. Lees meer...
SA Stamboek Elite 2016 Mediaverklaring
1.17. SA Stamboek Elite 2016 Mediaverklaring
Deur: Dr Pierre van Rooyen

SA Stamboek Elite 2016 gaan weer vanjaar erkenning gee aan stoettelers vir buitengewone prestasies. Maak asseblief reeds ‘n aantekening in u dagboek van die volgende belangrike datums, wat ook vanjaar weer saamval met Bloemskou 2016.  Lees meer...
SA Stamboek Elite 2016 Suiwelboer van die jaar
1.18. SA Stamboek Elite 2016 Suiwelboer van die jaar Streekstoekennings word gemaak
Deur: Dr Pierre van Rooyen

Die streekstoekennings van SA Stamboek se Elite Suiwelboer van die jaar vir 2016 het in September afgeskop. Die kompetisie is ‘n platform waar SA Stamboek aan sy Logix melkdeelnemers erkenning gee vir die prestasies wat deur die jaar behaal is. Lees meer...
Eerste elektroniese plakkaat op kongres voorgelê
1.19. Beste Veekundige Voorlegging op SA Vereniging van Landboutegnoloë Kongres
Deur: Dr Pierre van Rooyen

Yolanda Venter, Bestuurder van die Nguni Beestelersgenootskap, het die eerste plek behaal vir die beste Veekundige voorlegging op die 33ste SA Vereniging van Landboutegnoloë Kongres wat van 8 – 10 September 2015 in Hoedspruit plaasgevind het. Lees meer...
Minister van Landbou besoek SA Stamboek
1.20. Minister van Landbou besoek SA Stamboek en moedig samewerking in Agri aan
Deur: Dr Pierre van Rooyen

Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Min Senzeni Zokwana, het Maandag, 5 Oktober die Landbouweekblad Landboukonferensie by die Universiteit van die Vrystaat geopen en ook van die geleentheid gebruik gemaak om SA Stamboek te besoek. Lees meer...
© SA Stamboek. All Rights Reserved.
No article or picture may be reproduced\published
without the written consent of SA Stamboek.